Jongboom bemestingsprogram-pdf

Kliek hier vir die PDF weergawe.

Die voeding en bestuur van nuut gevestigde jong bome, wingerd en struike verg baie meer aandag as wat ons aanvanklik wil glo. Ons praktiese ondervinding in hierdie verband het gelei tot die ontwikkeling van ‘n eenvoudige benadering wat verstaanbaar en prakties toegepas kan word deur enige persoon. Indien die bome betyds en korrek geplant is is daar nie meer verskonings vir swak resultate nie.

Al ons produkte is beproef en chemies en organies gebalanseer en ontwikkel deur landboukundiges met baie praktiese ondervinding en voldoen aan die behoeftes van die grond, plant sowel as die mikro organismes.Teen normale toedienings is die humate wat toegedien word met Terramax baie hoër as wat met normale toedienings van humien- en fulviensure behaal word.

Die vrystelling stikstof en ander plant voedinstowwe is meer gekontroleerd as by chemiese bemestingsprodukte.Teen lae toedienings is die aanvangsgroei dus stadiger maar teen hoër toedienings is die groei meer langdurig. Hierdie eienskap lei dikwels tot meer egalige suksesvolle vestiging, beter groeipatrone en vinniger produksiegereedheid onder moeilike bestuurs toestande.

Aantal en intervalle van bemestings toedienings
Jong bome moet gedurende die groeiseisoen bemes word vanaf die Lente tot Herfs ‘n periode van ongeveer 7-8 maande. Indien oormatige reën neerslae voorkom, kan die toedienings vervroeg of vermeerder word, veral op sanderige gronde. As ‘n standaard vertrek punt geskied bemesting elke 4-5 weke (maandeliks).

Soms is dit beter om met die aanvang van die seisoen elke 3-4 weke te bemes maar later in die seisoen kan toedienings intervalle verleng word na 4-5 weke (maandelikse) toedienings. Dit sal ook raadsaam wees om die intervalle te verkort na 3-4 weke op die meer sanderige grondtipes terwyl die intervalle verleng kan word na selfs 5-6 weke op klei- en leemgronde.

Fosfor arm gronde kan die eerste toerdiening met 7-7-7(21)M gemaak word en daarna volgens die grondtipe of kalium status opgevolg word met een van die ander twee produkte wat hier onder bespreek word.

Bemestingshoeveelhede per toediening
Terramax 10-2-6(18) M 80 g/boom/toedienig (leem en kleigronde)
Terramax 9-2-9 (20) M 80 g/boom/toedienig (sanderige gronde)
Terramax 7-7-7(21) M 50 g/boom/eerste toedienig (net as eerste toediening op fosfor arm gronde)

Tipies Bemestingsprogram vir jong aanplantings
Indien die gronde arm is aan fosfor kan een toediening van 50 g Terramax 777(21)M met of kort na plant vlak ingewerk. In hierdie geval kan kan die onderstaande toedienings met een toediening verminder word. Indien voldoende fosfor teen-woordig is, laat 7-7-7(21)M weg en bemes direk met een van die onderstaande produkte. Volg op met 4-6 toedienings gedurende die res van die groeiseisoen :
4-6 x Terramax 10-2-6(18) M teen 80g/boom/toediening op leem en kleigronde
of
5-6 x Terramax 9-2-9(20) M teen 80g/boom/toediening op sanderige gronde

Waarkuwing
Voorkom dat produk opgehoop teen stamme toegedien word. Hierdie toedienings is bereken vir toediening op 1 vk meter indien daar in dammetjies of holtes geplant word die produk toedienings ooreenkomstig die oppervlak wat bemes word verminder word. Sommige bome soos Makadamias en Proteas is gevoelig vir oormaat fosfor moenie 7-7-7(21)M gebruik nie. Onder hierdie toestande kan Terramax 10-2-6(18)M of Terramax 9-2-9 (20)M met elke alternatiewe toedining afgewissel word met 30 g KAN(28).

Die voordelige eienskappe van Terramax produkte lewer op hulle eie goeie resultate en kan ingesluit word in bestaande jongboom bemestingsprogram.

Dikwels kan arbeid en bestuurs insette gespaar word deur veelvuldige en komplekse toedienings te verminder en te vereenvoudig.

Charus du Plessis

Back to the News & Tips

----- Bionamix - nourishment for life -----