Die Terramax benadering vir nl. Mense, Beginsels, Biologies en Balans mens, grond, plant en mikro organismes meer volledig gevoed word. Die gevolg is dat boerdery en bemestings- en bespuitingsprogramme meer verstaanbaar en uitvoerbaar gemaak word vir die produsent.
Al ons produkte is beproef en chemies en organies gebalenseer en ontwikkel deur landboukundiges met baie praktiese ondervinding en voldoen aan die behoeftes van die grond, plant sowel as die mikro organismes.Teen normale toedienings is is die humate wat toegedien word met Terramax baie hoër as wat met normale toedienings van humien- en fulviensure behaal word.
Die voordelige eienskappe van Terramax produkte lewer op hulle eie goeie resultate en kan ingesluit word in bestaande bemestingsprogramme. Dikwels kan arbeid en bestuurs insette gespaar word deur veelvuldige en komplekse toedienings te verminder en te vereenvoudig.
Sommige Terramax produkte word verryk met mikro elemente (M), dit word aangedui met die produknaam gevolg deur M bv. 7-7-7(21)M, 10-2-6(18)M en 9-2-9(20)M. Mikro element blaarbespuitings word aanbeveel volgens grondontledings, standaard onderhouds bespuitings, blaarontledings en ondervinding. Sekere grondtoestande regverdig nie grondtoedienings van mikro elemente nie, maar in die meeste boerdery toestande word gevind dat die toedienings van mikro element blaarbespuitings verminder word.
Die vrystelling stikstof en ander plant voedinstowwe is meer gekontroleerd as by chemiese bemestingsprodukte.Teen lae toedienings is die aanvangsgroei dus stadiger maar teen hoër toedienings is die groei meer langdurig. Hierdie eienskap lei dikwels tot meer egalige groeipatrone, hoër produksie en kwaliteit onder moeilike bestuurs toestande.
Terramax 12-3-3(18) kan teen dieselfde stikstof toedienings tot 30% hoër as KAN(28) gebruik word in bemestingsprogramme. Terramax 12-3-3(18) kan ook met groot sukses in kombinasie met KAN(28), 100(40) S of Ureum(46) gebruik word. Volgens ons ondervinding is verlagings van die totale stikstoftoedienings in bemestingsprogramme van 20-30% waargeneem.
Terramax 9-2-9(20), 9-2-9(20)M en 7-1-13(21) word gebruik in die plek van 1-0-1 en 3-1-5 chemiese produkte. Plante benut kalium en kalsium baie beter met Terramax produkte as met die bv. 315 chemiese produkte of bemestingsprogramme wat baie meer kalium bevat. Ons sien dikwels dieselfde groei en kaliuminhoud in blaarontledings waar die kalium bemesting met tot 30-40% verminder word.
Terramax 10-2-6(18) en 10-2-6(18)M is ontwikkel vir ‘n jong boom bemestingsprogramme.Terramax 10-2-6(18) M bevat baie mikro-elemente en word met groot sukses gebruik word vir die vestiging van jong bome, wingerde of struike aangesien mikro-element tekorte dikwels voorkom nadat plante gevsetig is.
Indien Terramax 12-3-3(18) nie voldoende kalium in die bemestingsprogram lewer nie of indien te veel kalium toegedien word indien Terramax 9-2-9(20) gebruik word kan daar gebruik gemaak word van Terramax 10-2-6(18). Dit mag selfs tot voordeel van die kliënt wees aangesien daar in sommige gevalle met Terramax 10-2-6(18) bemes kan word in plaas daarvan om Terramax 12-3-3(18) en 9-2-9(20) met mekaar af te wissel.
Terramax 7-7-7(21) en 7-7-7(21)M is geformuleer om voldoende fosfor aan te vul met vestiging van jong bome, struike en groente op “nuwe” gronde wat nog nie voorheen hoog bemes is met fosfor nie. Met hierdie benadering kan 232 en 234 chemiese bemesting met sukses vervang word in bemestings-programme. 'n Bykomende voordeel is dat met groter veiligheid meer stikstof toegedien kan as wanneer 2-3-2 en 2-3-4 chemiese bemesting gebruik gemaak word. Stikstof vrystelling geskied aanvanklik stadiger en oor ‘n langer periode en lei dus nie tot toestande van oormatige aanvangs groei nie.
Terramax 5-2-3(10) is verryk met mikro elemente al word dit nie aangedui as 5-2-3(10)M nie. Die produk is geformuleer vir huistuine waar daar dikwels oorbemes word met fosfaat. In nie genoeg fosfor toegedien kan word met die met bogenoemde produkte nie. Met hierdie benadering kan 232 en 234 chemiese bemesting met sukses vervang word in die bemestings-program. 'n Bykomende voordeel is dat meer stikstof met groter veiligheid toegedien kan as wanneer 2-3-2 en 2-3-4 chemiese bemesting, sonder die gevare van kunsmisbrand. Stikstof vrystelling geskied aanvanklik stadiger en oor ‘n langer periode en lei dus nie tot toestande van oormatige aanvangs groei nie.Terramax 10-2-6(18) M kan as alternatief gebruik word in die plek van 5-2-3(10) indien die fosforbehoefte laer is.
Boerdery is vir ons ‘n uitdaging en ‘n avontuur. Ons is gereeld in gesprekke met ons kliënte en werk saam met hulle aan produksie oplossings. By ons is mense en beginsels belangriker as ons eie produkte.
Charus du Plessis